Skip to content

Mashaba beplan om #OperationFixJoburg-toer voort te sit

# ActionSA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Herman Mashaba, sê die party beplan om sy #OperationFixJoburg-toer voort te sit ter voorbereiding van die komende plaaslikeregeringsverkiesing. Hy sê inwoners het nou meer as ooit tevore sterk leierskap nodig wat die stad se voortdurende agteruitgang sal stop. Mashsaba beplan om meer as 600 gekaapte, verlate en vervalle geboue terug te eis, met die privaatsektor saam te werk om dit op te knap vir die skepping van bekostigbare huisvesting vir die inwoners en studente, om inwoners vir werk te prioritiseer, en om werksgeleentehede en beleggings na die stad terug te bring.