Skip to content

Premier Mabuyane sê regering versterk stelsels vir verantwoordbaarheid

# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, sê die regering versterk stelsels vir aanspreeklikheid terwyl hy ook die stryd teen korrupsie verskerp. Mabuyane het die Jongmansgilde se 95ste Jaarlikse Distrikskonvensie in Dimbaza toegespreek. Hy sê die regering werk daaraan om te verseker dat openbare hulpbronne vir hul beoogde doel gebruik word, naamlik vir die opheffing van die mense. Hy het bygevoeg dat die regering nie alleen hierdie hernuwing kan bereik nie. Dit vereis ‘n benadering waarby gesinne, gemeenskappe en selfs die Kerk betrokke moet wees.