Skip to content

Rugby: Gemengde welslae vir Springbok-vroue-sewes in Hong Kong

# Rugby: Die Springbok-vroue se sewesspan het Saterdag hul Groep B-wedstryde in Hongkong op ‘n sterk noot afgesluit deur Groot-Brittanje, een van die kernspanne in die Sewesreeks, met 19-5 by Kai Tak Sportpark te klop. Maar hulle het ‘n moontlike kwarteindstryd teen Spanje misgeloop, wat danksy ‘n beter punteverskil oor die twee dae, derde in hul groep klaargemaak het. Die Suid-Afrikaners het later gister weer teen Groot-Brittanje in die negende plek-halfeindstryd te staan gekom, maar hierdie keer het die Bok-vroue met 19-14 verloor.