# Rugby: Die Springbok Vroue-sewes moes die knie buig in albei hulle wedstryde op die openingsdag van die wêreldkampioenskap in Hongkong. Teagan Levi het 14 punte vir Australië aangeteken, wat Suid-Afrika 33-nul geklop het in hulle openingswedstryd in Groep B in die Kai Tak-sportpark. Suid-Afrika het daarna 31-nul verloor teen Kanada, wat vyf drieë ingeryg het. Die Bokvroue speel môre teen Engeland in hulle laaste groepswedstryd.
Rugby: Teleurstellende uitslae vir Springbok Vroue-sewes in Hongkong