# Rugby: Ruan Vermaak sal op die bank begin in sy 50ste wedstryd vir die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Dragons in Wallis vanaand, met Cobus Wiese en Ruan Nortjé die twee slotte. Dit is afrigter Johan Ackermann se enigste verandering aan die voorspelers, terwyl Handré Pollard en Embrose Papier die skakelpaar bly. Canan Moodie skuif van buitesenter na vleuel in die afwesigheid van die beseerde Kurt‑Lee Arendse en Cheswill Jooste. Die Bulle is tans agtste op die punteleer.
Rugby: Vermaak begin sy 50ste Bulle-wedstryd vanaand op die bank