# Die Madlanga-kommissie het die verskyning van sakeman, Suliman Carrim, tot 29 April uitgestel. Carrim sou vandag getuig, maar hy ontvang steeds mediese sorg ná ‘n voorval in ‘n gimnasium in Sandton vroeër hierdie week. Carrim word beskuldig dat hy meer as twee-miljoen-rand in betalings aan ‘n onderneming wat verbind word met die omstrede sakeman, Vusimuzi “Cat” Matlala, versteek het. Hy word ook beskuldig dat hy politieke invloed gebruik het om Matlala te help om ‘n SAPD-kontrak van 360-miljoen-rand te bekom en moontlike geldwassery.
Madlanga-kommissie stel Carrim se getuienis uit tot 29 April