# Die Vryheidsfront Plus sê die Stad Johannesburg benodig ‘n volledige vaardigheidsoudit om swak prestasie in die metro aan te spreek. Dit volg op ‘n verslag wat toon dat sewe uit 22 senior bestuurders nie hul teikens bereik het nie. Die party voer aan dit weerspieël ‘n groter tekort aan kritieke vaardighede en oormatige afhanklikheid van eksterne kontrakteurs, wat tot stygende kostes bydra. Franco de Lange van die VF Plus doen ‘n beroep op die munisipaliteit om opgeleide aanstellings te prioritiseer en ‘n meriete-gebaseerde stelsel te gebruik om dienslewering te verbeter.