# Sokker: Die Premierliga het bevestig die eindstryd van die Nedbankbeker sal op die tweede van volgende maand by die Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo, beslis word. Die wedstryd tussen Durban City en TS Galaxy begin om sesuur. Kaartjies is reeds beskikbaar by verkooppunte in Shoprite-, Checkers- en USave-winkels, teen 50-rand elk. Die PSL moedig sokkerliefhebbers wat die wedstryd wil bywoon aan om so gou moontlik kaartjies te koop vir die wedstryd wat beskryf word as ‘n onvergeetlike geleentheid op die Suid-Afrikaanse sokkerkalender.
Sokker: Durban City, TS Galaxy meet kragte in die Nedbankbekereindstryd op 2 Mei