Skip to content

Motorsport: Racing Bulls sal verbeteringe in Miami en Montreal bekendstel

# Motorsport: Red Bull se tweede Formule Een-span, Racing Bulls, beplan om opgraderings aan sy motors by die Grand Prix in Miami in die VSA en Montreal in Kanada volgende maand bekend te stel. Die spanbestuurder, Alan Permane sê dit is omdat die wedren in Miami die vierde een van die seisoen sal word na die kansellasie van die wedrenne in die Midde-Ooste. Die span het beplan om die opgraderings in Bahrein en Montreal te gebruik, maar het sy planne verander weens die nuwe rooster. Racing Bulls is tans sewende op die vervaardigerspuntelys.