# Die Wes-Kaapse LUR vir Beweeglikheid, Isaac Sileku, het provinsiale verkeersbeamptes geprys na ‘n groot dwelmvonds by die Tsitsikamma-tolplaza op die N2. Beamptes het ongeveer 15 sakke saamgeperste dagga gevind tydens roetine-voertuig-deursoeking en die bestuurder in hegtenis geneem, terwyl ‘n passasier ontsnap het. Sileku sê beamptes het naby Grabouw ook ‘n bestuurder in hegtenis geneem nadat hulle 22 sakke perlemoen ter waarde van meer as 600-duisend-rand in ‘n voertuig ontdek het:
Wetstoepassing in Kaapstad gaan voort met bekamping van dwelms en onwettige natuurhandel langs hoofroetes [KLANK]
ENG SilekuOnDrugBust