# Build One South Africa het ‘n formele samesmelting met die People’s Prosperity Movement aangekondig voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die PPM sal nie meer as ‘n onafhanklike party funksioneer nie, en BOSA sal sy leiers ten volle by sy strukture integreer. Hy sê die stap is daarop gemik om hervormingsgesinde leierskap te versterk en ‘n bekwame staat te bou. Solomons voeg by die PPM en ander amptenare sal by BOSA se leierskapsraamwerk aansluit.
BOSA, PPM kondig samesmelting aan voor 2026 verkiesing