Skip to content

Young Intelligent Minds bestempel die parlementêre ad hoc-komitee as ‘n mislukking

# Die voorspraakgroep Young Intelligent Minds of South Africa, betempel die Parlement se ad hoc-komitee wat beweerde misdadigheid, korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, as ‘n mislukking en ‘n vermorsing van staatshulpbronne. Die groep se woordvoerder, Jeffrey Mabunda, sê die komitee het gepolitiseer geraak, het ‘n tekort aan kundigheid en versuim om sleutelgetuies en sake behoorlik te ondervra. Hy voer aan die komitee se bestek is te eng, het misluk om belangrike figure aanspreeklik te hou en laat onbeantwoorde vrae.