# Tennis: Carlos Alcaraz keer terug na sy vaderland, Spanje, vir dié week se Barcelona-ope nadat hy gister in Monte-Carlo sy voorste plek op die wêreldranglys aan sy grootste teenstander Jannik Sinner afgestaan het. Die Italianer het die Meesterstoernooi die eerste keer gewen. Sinner speel nie in Barcelona nie, maar gaan na verwagting deelneem aan die Madridse Ope, ook in Spanje, en aan sy tuis-toernooi in Rome in die aanloop tot die kleibaan-Grand Slam, die Franse Ope, wat die 24ste van volgende maand in Parys begin.
Tennis: Alcaraz keer terug na tuistoernooi in Barcelona na hy voorste ranglysposisie afstaan