# Gholf: Die enigste Suid-Afrikaner wat die eerste twee rondes van die naweek se Amerikaanse Meesterstoernooi oorleef het, Charl Schwartzel, het Augusta nie met leë hande verlaat nie al was hy heel laaste in die vierde ronde. Hy het klaargemaak op 12-onder-syfer, 24 houe agter die kampioen, Rory McIlroy van Noord-Ierland. Die 41-jarige Schwartzel, wat die toernooi in 2011 gewen het, het steeds prysgeld van 850-duisend-rand verdien, terwyl McIlroy 74-miljoen-rand ingepalm het. Die enigste ander Suid-Afrikaners wat Donderdag afgeslaan het, Aldrich Potgieter en Casey Jarvic, het halfpad uitgeval.
Gholf: Schwartzel verdien steeds R850-duisend al eindig hy laaste in Meesters