# Die Gautengse Gesondheidsdepartement verskerp stelselwye ingrypings om chirurgiese wagtye te verminder en billike toegang tot sorg in die openbare hospitaalstelsel te verbeter. Die departement bevorder ‘n doeltreffender, deursigtiger en meer pasiëntgesentreerde chirurgiese diens. Daar is tans na raming ongeveer 30-duisend-600 pasiënte wat wag op verskeie operasies. Die departement sê hiervan word ongeveer 29-duisend-969 gevalle as langdurige agterstande aangeteken, terwyl 631 huidige gevalle nog binne die roetine-diensvloei geskeduleer moet word.
Gautengse Gesondheid versnel vermindering van agterstand met geteikende stelselhervormings