# Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologie sê hulle het pogings verskerp om Suid-Afrika se migrasie van analoog na digitale televisie te voltooi, met net meer as 30-duisend dekodeerders wat oorbly. Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het belanghebbendes aangespoor om aan bestuurkomiteeprosesse deel te neem. Die projek, wat sedert 2011 vertraag is, het te kampe met regs- en konsultasie-uitdagings. Ondanks terugslae, hou die regering vol dat digitale migrasie noodsaaklik is om spektrum vry te stel, uitsending te verbeter en die hoë koste van analoog én digitale uitsendings te verminder.
Regering se aftelling na digitale televisiemigrasie kry momentum