# Die Vrystaatse Departement van Onderwys het sy skok uitgespreek na die dood van die 15-jarige leerder Nhlakanipho Buthelezi van HTS Sasolburg, wat tydens ‘n rugbywedstryd in Sasolburg ineengestort het. Die Graad 9-leerling het asemhalingsprobleme ondervind tydens ‘n onder-15 wedstryd teen Sasolburg Hoërskool by die DP de Villiers-stadion, en is na die Sasolburg-hospitaal gehaas, waar hy dood verklaar is. Die Provinsiale LUR vir Onderwys, Mantlhake Maboya, het sy meegevoel met die familie en skool betuig en gesê ondersteuning sal gedurende hierdie moeilike tyd gebied word.
Vrystaat-Onderwys betreur die dood van ‘n leerder gedurende rugby wedstryd