Skip to content

Gholf: McIlroy en Young is kop-aan-kop by die Augusta Meesterstoernooi

# Gholf: ‘n Dramatiese laaste rondte wag vandag by die 90ste Augusta Meesters-toernooi. Rory McIlroy en Cameron Young is saam voor met 11 onder baansyfer. McIlroy, wat ‘n geskiedkundige voorsprong van ses houe gehad het, het in die derde ronde gesukkel en het een oor die baansyfer, aangeteken, terwyl Young ingehaal het met 65, sewe onder. Hulle word gevolg deur Sam Burns op tien onder, en Shane Lowry op nege onder die baansyfer. Die enigste Suid-Afrikaner wat nog vandag speel, is die 2011-kampioen Charles Schwartzel, wat die eerste twee rondtes vier oor die baansyfer voltooi het. Hy is tans 47ste.