Skip to content

Padwedlope: Gerda Steyn maak geskiedenis met 7de agtereenvolgende oorwinning van Twee Oseane Ultra Marathon

# Padwedlope: Die koningin van die langpad, Gerda Steyn, het geskiedenis gemaak deur haar sewende agtereenvolgende Twee Oseane-marathon-vrouetitel in ‘n tyd van 3-uur-27-minute-en-43-sekondes te wen, wat haar reputasie in die sport versterk. Steyn het daarmee haar onoorwonne status oor die 56-kilometer ultra-afstand sedert 2018, by die Kaapstad-wedloop voortgesit. Die manswedloop is deur Arthur Jantjies in ‘n tyd van drie-uur-nege-minute gewen, wat hom 380-duisend-rand verseker. Hy het met ‘n sterk poging oor die laaste gedeelte van die wedloop vorendag gekom. Die halfmarathon-byeenkoms word môre gehou.