Nuus 18:00
BULLETIN 7 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Hooggeregshof gee opdrag vir Vusimusi ‘Cat’ Matlala se oorplasing vir konsultasie
# Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan volgende week Fannie Nkosi se borgtogaansoek teenstaan
# En, Israel en Amerika veroordeel die aanval naby die Israelse konsulaat in Istanbul
# Die Hooggeregshof in Pretoria het opdrag gegee dat Vusimusi ‘Cat’ Matlala, wat van poging tot moord aangekla is, binne 96 uur teruggeplaas word na die Kgosi Mampuru II Korrektiewe Sentrum vir konsultasie met sy regspan. Matlala het sy hofdatum vandag misgeloop omdat hy in die Ebongweni Super Maximum Korrektiewe Sentrum in KwaZulu-Natal aangehou word. Die woordvoerder vir die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê daar was uitdagings met Matlala se regskonsultasies en die saak is tot 20 April uitgestel:
# Die Nasionale Vervolgingsgesag beplan om volgende week in die Landdroshof in Pretoria-Noord borgtog vir Fannie Nkosi, ‘n geskorste lid van die Gautengse eenheid vir Georganiseerde Misdaad, teen te staan. Nkosi is verlede week in hegtenis geneem ná ‘n polisie-klopjag by sy huis in Pretoria. Lumka Mahanjana van die NVG sê hy staan tereg op aanklagte insluitend regsverydeling, die besit van onwettige ammunisie en die versuim om vuurwapens en ammunisie te beskerm, ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer:
Dieselfde hof het beslis dat Fannie Nkosi eers op 13 April om borgtog kan aansoek doen. Die staat sê hulle het meer tyd nodig om amptelike dossiere te hersien wat tydens ‘n klopjag by sy huis in Pretoria beslag gelê is, en om plofstof te toets wat in sy besit gevind is. Nkosi sal vir sy eie veiligheid in die hospitaalafdeling van die Kgosi Mampuru Korrektiewe Dienste aangehou word.
# Israel en Amerika het die aanval vandag naby die Israelse konsulaat in Istanbul veroordeel. Een gewapende man is dood en twee ander beseer is tydens ‘n skietery met die polisie. Die Israelse ministerie van Buitelandse Sake het in ‘n verklaring die aanval veroordeel en die Turkse veiligheidsmagte bedank vir hul vinnige optrede. Die Amerikaanse ambassadeur in Turkye, Tom Barrack, het gesê sy regering veroordeel die aanval ten sterkste. Israelse owerhede beleef ‘n ongekende toename in pogings om aanvalle teen Israeli’s en Jode in die buiteland sedert die begin van die Iranse konflik.
# Rugby: Die veelsydige agterspeler David Kriel gaan die Bulle einde Junie verlaat en by die Franse span La Rochelle aansluit. Die 27-jarige verlaat Pretoria na ses seisoene waartydens hy 80 wedstryde vir die Bulle gespeel en 158 punte aangeteken het. Hy het ook 40 punte aangeteken in 20 kragmetings vir die Blou Bulle. Kriel is baie opgewonde om Franse kultuur aan te leer, nuwe mense te ontmoet en steeds te doen waarvoor hy lief is, maar is dankbaar vir almal wat sy tydjie op Loftus so aangenaam gemaak het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-88-sent teen die dollar, 19-rand-55-sent teen die euro en 22-rand-39-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-en-67-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-650-dollar-87-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 106-dollar-90-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….