Skip to content

Pakistan-SA Sakevereniging veroordeel aanvalle in Buffalo City

# Buitelanders in KuGompo-stad in die Oos-Kaap leef in vrees na die plundering van verskeie sake-ondernemings tydens verlede week se betogings wat veroorsaak is deur die omstrede kroning van ‘n selfverklaarde Nigeriese koning. Die Pakistan-Suid-Afrikaanse Sakevereniging veroordeel aanvalle in Buffalo City en sê Pakistanse en ander buitelandse sake-eienaars het verliese aangemeld. Die organisasie pleit vir beter sekerheidsmaatreëls voor môre se beplande nuwe betogings.