Nuus 16:00
BULLETIN 27 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Eugene de Kock onthul dat president Cyril Ramaphosa op ‘n sluipmoordlys was
# Kholeka Gcaleka stel die Afrika-Ombudsman-navorsingsentrum weer bekend om toesig te versterk
# En krieket: Geen aanhangers en geen vuurwerke terwyl die Pakistanse T20-liga begin nie
# Die voormalige apartheidspolisiebevelvoerder Eugene de Kock het in die Hooggeregshof in Gqeberha getuig president Cyril Ramaphosa was op ‘n lys van mense wat vir ‘n sluipmoord geteiken was. De Kock het virtueel getuig in die Cradock Vier-ondersoek en gesê hy is beveel om 33 individue te vermoor, maar het geweier om Ramaphosa dood te maak en aangedring hy is onskuldig. Hy het ook verduidelik hoe topbeamptes in die SAPD, nadat moorde gepleeg is, in die kerk ‘gereinig’ sou word:
# Die Openbare Beskermer en voorsitter van die raad vir die Afrika-Ombudsman-sentrum, Kholeka Gcaleka, het die Sentrum weer by die Universiteit van KwaZulu Natal bekendgestel. Die waarnemende woordvoerder, Ndili Msoki, sê die doel van die sentrum is om verantwoordbaarheid, deursigtigheid en etiese bestuur op die vasteland te bevorder. Hy sê dit was uiters belangrik om hierdie instellings in Afrika toe te rus met die nodige kennis, vaardighede en navorsing om hul mandate te ondersteun:
# Die adjunkpresident van die Patriotic Alliance, Kenny Kunene, weier om die EFF-leier Julius Malema om verskoning te vra, wat die weg baan vir ‘n regsgeding. Malema dagvaar Kunene vir een-miljoen-rand oor beweerde lasterlike opmerkings wat op Podcast and Chill with MacG gemaak is. Kunene het na Malema verwys as “‘n seuntjie” en bewerings oor vergaderings met die ontslape taxihoof, Jotham “Mswazi” Msibi, geopper. Msibi was verbind aan ‘n beweerde misdaadsindikaat bekend as die “Big Five”-kartel. Hy hou vol sy stellings is waar is en hy is gereed vir ‘n hofstryd.
# Die vakverbond Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers onveranderd op 6,75-persent te laat, verwelkom. Die komitee sê hulle het inflasionêre risiko’s weens stygende oliepryse en geopolitieke onsekerheid te midde van die oorlog in die Midde-Ooste in ag geneem. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die regering moet landsburgers teen die dreigende reuse-styging in brandstofpryse beskerm:
# Krieket: Die Pakistanse Superliga in T20-krieket het begin met ‘n oorwinning vir die Lahore Qalandars teen die Hyderabad Kingsmen, maar sonder die opwinding of aanhangers wat kenmerkend is van T20-krieket. Organiseerders van die 44-wedstryd toernooi met agt spanne het vroeër gesê wedstryde sal sonder toeskouers gespeel word, en op slegs twee plekke, nie ses nie, weens die oorlog in die Midde-Ooste. Die Pakistanse regering het omvattende besparingsmaatreëls ingestel wat ontwerp is om brandstof te bespaar, met toenemende kommer oor voorrade soos die konflik voortduur. Die toernooi duur tot 3 Mei.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-20-sent teen die dollar, 19-rand-79-sent teen die euro en 22-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-611-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-419-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 104-dollar-27-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….