Nuus 18:00
BULLETIN 3 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cyril Ramaphosa sê Nelson Mandela en O.R. Tambo sou aangedring het op dialoog te midde van die konflik tussen Amerika, Israel en Iran
# Tebello Mosikili sê die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde moes ‘n formele demobiliseringsplan gevolg het
# En, die Vereniging van Staatsamptenare eis dringende reaksie deur GEMS oor gesondheidsorgkwessies
# President Cyril Ramaphosa sê oudpresident Nelson Mandela en die anti-apartheidsaktivis O.R. Tambo was eensgesind oor die uitwissing van onregverdige wette. Ramaphosa het tydens die onthulling van hul standbeeld in eThekwini gesê die leiers was verbind tot vrede, dialoog en integriteit, en sou gevra het vir ‘n wapenstilstand en onderhandelings in die Midde-Ooste, in ooreenstemming met die Handves van die Verenigde Nasies:
Die vakbond Giwusa het intussen ook die Amerikaans-Israelse oorlog teen Iran veroordeel. Dié land se opperleier, ajatolla Ali Khamenei, is Saterdag in ’n aanval dood. Die Israelse Weermag het intussen nuwe aanvalle op Teheran en die Libanese hoofstad, Beiroet, uitgevoer. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê dis nie ’n oorlog vir demokrasie, menseregte of die beperking van kernwapens nie:
# Die adjunk- nasionale Polisiekommissaris, Tebello Mosikili, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê die ontbinding van die Taakspan vir Politieke Moorde moes ‘n formele demobiliseringsplan gehad het. Mosikili het verduidelik alle taakspanne moes stap-vir-stap bedrywighede uiteengesit het. Dit het die vermindering van personeel ingesluit wanneer bedreigings afneem, asook koördinering met gevegspanne, misdaadintelligensie, forensiese eenhede, ondersoekers en ander departemente om te verseker sake word doeltreffend afgehandel voor die ontbinding:
# Die Vereniging van Staatsamptenare het kennis geneem van ‘n versoek deur GEMS vir langer tyd om te reageer op ‘n versoekskrif met eise wat vakbonde tydens ‘n betoging ingedien het. Claude Naicker van die vakbond sê bekommernisse, insluitend bekostigbaarheid, bestuur, voordele en volhoubaarheid, weerspieël die langdurige frustrasies van staatsamptenare. Enige verlenging moet daarna afgehandel wees, met GEMS wat daadwerklike reaksies en regstellende stappe verskaf. Hy sê versuim om op te tree sal tot regstappe lei om werkers se regte te beskerm.
# Netbal: Die nuwe uitvoerende hoof van Netbal Suid-Afrika, Adam Brooke, beskryf sy aanstelling as die eerste man in die pos as ‘n groot verantwoordelikheid. Brooke vervang Modiegi Komane, wie se kontrak in Oktober 2025, na ‘n onstuimige ampstermyn, geëindig het. Brooke, wat op 16 Maart begin, wil die professionaliteit van die sport prioritiseer en beskou finansiële steun as kernbelangrik. Hy wil die bestuur versterk en netbal se profiel verhoog voor die komende internasionale toernooie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-51-sent teen die dollar, 19-rand-13-sent teen die euro en 21-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-135-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-155-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 83-dollar-82-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….