Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 10 Februarie12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met die jongste krieketnuus van die T20-Wêreldbekertoernooi: 2024 se naaswenner, Suid-Afrika, het hul veldtog met ‘n oorwinning afgeskop en Kanada met 57 lopies geklop in Ahmedabad, Indië. Kaptein Aiden Markram se 59 lopies van 32 balle en David Miller se onoorwonne 39 het die Proteas geneem tot 213 vir vier. Kanada kon daarna slegs 156 vir agt bereik, ondanks Navneet Dhaliwal se indrukwekkende 64 van 49 balle. Lungi Ngidi was die beste bouler met vier paaltjies. Suid-Afrika se volgende kragmeting in Groep D is môre teen Afganistan.
Die Internasionale Krieketraad het intussen bevestig Pakistan se wedstrydbepaling teen Indië gaan Saterdag voort soos geskeduleer. Die Pakistanse regering het verlede week sy span gelas om die Groep A-wedstryd te boikot om eenheid met Bangladesh te toon, wat weens kommer oor veiligheid geweier het om in Indië te toer en met Skotland vervang is. Die IKR sê alle betrokke partye is vasbeslote in hul pogings om die spel met integriteit, onpartydigheid en samewerking te dien.
En Italië is erg bekommerd oor die fiksheid van kaptein Wayne Madsen nadat hy sy skouer ontwrig het tydens hul eerste groepswedstryd. Die 42-jarige het hard geval in die vierde boulbeurt van die kragmeting met Pakistan, wat hulle met drie paaltjies verloor het. Hulle speel Donderdag teen Nepal in Mumbai, Indië, voordat hulle Maandag teen Engeland in Kolkata te staan kom en die 19de teen die Wes-Indiese Eilande, ook in Kolkata. Madsen is ‘n voormalige Suid-Afrikaanse internasionale hokkiespeler en ‘n staatmaker in graafskapskrieket vir Derbyshire.
# Volgende, motorsport: Die tweemalige wêreldkampioen, Fernando Alonso, is gereed om op die hoogste vlak deel te neem, maar onseker oor sy langtermyntoekoms in Formule Een. Die 44-jarige Spanjaard het in 2013 laas ‘n Grand Prix gewen vir Ferrari, en in 2005 en 2006 sy titels vir Renault beklink. Alonso, wat in 2023 by Aston Martin aangesluit het, sê al is hy die oudste F1-renjaer, is hy steeds oorgehaal vir die uitdaging:
# En laastens, Olimpiese Spele: Die tweemalige wêreldkampioen en Alpeski-superster, Lindsey Vonn, sê sy het geen berou nadat sy in Italië geval en haar been gebreek het in haar poging om ʼn gouemedalje te wen op die Winterspele nie. Die 41-jarige Vonn wat vroeër die week kruisligamente in haar linkerknie geskeur het, het Sondag in die vroue se afdraand-kompetisie geval. Sy het ʼn ingewikkelde tibia-breuk opgedoen en sal talle operasies moet ondergaan. Vonn sê dit was reeds ‘n oorwinning dat sy daar kon staan en geleentheid gehad het om te wen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….