Nuus 08:00
BULLETIN 27 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Sewe mense is vanoggend dood in ‘n botsing op die N4 in Mpumalanga
# Murray & Roberts denoteer na 123 jaar
# En die Oekraïense hoofstad Kiëf het vanoggend onder ’n massiewe Russiese aanval deurgeloop
# Sewe mense is dood en een beseer toe twee sedans vroeg vanoggend reg van voor gebots het op die N4-tolpad tussen Machadodorp en Belfast in Mpumalanga. Die woordvoerder van die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Moeti Mmusi, sê die oorsaak word nog ondersoek, maar voorlopige aanduidings dui op gevaarlike verbysteek en oormatige spoed as moontlike faktore:
# Die Grensbestuursowerheid sê hulle sal die feestyd voortgaan om alle grensposte regoor die land te monitor. Wetstoepassingsbeamptes het gister meer as 80 Nike-tekkies by ‘n individu onderskep wat probeer het om dit onwettig in Suid-Afrika in te bring by die Lebombo-grenspos in Komatipoort, Mpumalanga. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê Suid-Afrika se grense is nie meer sagte teikens vir misdaadaktiwiteite en die onwettige beweging van reisigers nie:
# Die Wes-Kaapse polisie het die gewelddadige aanval op Kersaand wat die lewens van drie mense geëis en ‘n ander kritiek beseer gelaat het in Nyanga sterk veroordeel. Twee onbekende verdagtes het na bewering ‘n enkelkamer-struktuur in Mplangenistraat, Ofcon-hostel, binnegegaan en op die inwoners losgebrand. Die polisie se woordvoerder, Andrè Traut, sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die aanval moontlik gekoppel is aan wraak of ‘n poging om ‘n getuie uit te skakel:
# Suid-Afrika se 123 jaar oue konstruksie- en ingenieursgroep, Murray & Roberts Holdings, het bevestig dat hulle die Johannesburgse Aandelebeurs in Januarie 2026 sal verlaat, wat hul lang geskiedenis as ‘n openbare verhandelde maatskappy sal beëindig. Die denoteringsbesluit volg op ‘n likwidasiebevel van die Hooggeregshof en die beplande verkoop van sy Cementation– en TNT-ondernemings, wat die vooruitsigte vir aandeelhoueropbrengste uitskakel. In ‘n verklaring sê MRH hulle “erken dat daar geen vooruitsig is om opbrengste aan aandeelhouers uit te keer of om hul bedrywighede te herstel nie.”
# Die Oekraïnse hoofstad Kiëf het vroeg vanoggend onder ‘n hewige Russiese aanval deurgeloop, met ontploffings wat in die stad weerklink het en die lugverdediging wat ontplooi is. Die Oekraïense weermag sê kruis- en ballistiese missiele is in die stad ontplooi. Die Russiese optrede volg twee dae voor ‘n vergadering tussen presidente Volodymyr Zelensky en Donald Trump in Amerika om besonderhede van ‘n ooreenkoms vir die skikking van die byna vier jaar lange oorlog uit te werk.
# En krieket: Ondanks ‘n rekord-honderdtal deur Ryan Rickelton, het die verdedigende kampioene MI Cape Town ‘n nederlaag van 15 lopies teen die Durban Super Giants gely in gister se SA20-seisoenopeningswedstryd op Nuweland. Nadat hulle ‘n massiewe 233 gejaag het, het Rickelton die gashere gefnuik met ‘n sensasionele 113 van 63 balle, insluitend 11 sesse. Laat paaltjies deur Eathan Bosch, 4/46, het egter die aanval gestuit en Kaapstad op 217/7 gelaat. Daar is vandag nog twee kragmetings: Pretoria Capitals is gasheer vir die Johannesburg Super Kings, terwyl die Paarl Royals die Sunrisers Eastern Cape op Bolandpark ontmoet.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….