Nuus 18:00
BULLETIN 12 Desember 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Een dood, verskeie vasgekeer na vier-verdieping tempel in Redcliffe, Durban ineenstort
# Batohi gee swak toesig skuld vir weglatings en verwerp bewerings van agtelosigheid
# En, goud styg tot ‘n sewe-week hoogtepunt met die dollar wat verswak
# Een persoon is dood, en verskeie ander is vasgekeer nadat ‘n vierverdiepingtempel wat in aanbou is in Redcliffe, noord van Durban, KwaZulu-Natal, ineengestort het. Die presiese aantal mense wat vasgekeer is, is onbekend. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Senzelwe Mzila, sê rampbestuur en gespesialiseerde reddingspanne is op die terrein, om die beseerdes te help en persone wat onder die puin vasgekeer is, te bevry:
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, sê weglatings in die konsep-verwysingsraamwerk van die Nkabinde-ondersoek was as gevolg van swak toesig, nie oneerlikheid of agtelosigheid nie. Batohi voeg by sy het te goeder trou opgetree en die ondersoek moet fokus op die vraag of die geskorste Gautengse Direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, aanklagte sonder voldoende bewyse aanhangig gemaak het:
# Die verwagte Suid-Afrikaanse inflasiekoers vir 2026 het gedaal tot ‘n 25-jaarlaagtepunt sedert die minister van Finansies, Enoch Godongwana, ‘n laer drie-persent-inflasieteiken aangekondig het. ‘n Kwartaallikse opname in opdrag van die Reserwebank het bevind dat die gemiddelde voorspelling vir 2026-inflasie op 3,8-persent en 3,7-persent vir 2027 aangedui word, minder as die vorige verwagte koers van 4,2-persent. Sommige ontleders het selfs so laag as 3,5-persent vir volgende jaar voorspel, wat verhoogde vertroue weerspieël dat die laer teiken behaal sal word. Hierdie verskuiwing kan toekomstige rentekoersbesluite deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank beïnvloed.
In ander finansiële ontwikkelinge, het goudpryse vandag tot ‘n sewe-week hoogtepunt gestyg, versterk deur ‘n swak dollar en ‘n toename in Amerikaanse werkloosheid. Die prys van goud het teen middagete in Suid-Afrika tot vierduisend-333-dollar-8-sent per fynons gestyg, die hoogste vlak sedert 21 Oktober, wat ‘n weeklikse wins van 2,7-persent aandui. Die dollar was naby ‘n twee-maande laagtepunt en op koers vir ‘n derde agtereenvolgende weeklikse daling, wat goud meer bekostigbaar maak vir oorsese kopers. Die Amerikaanse Federale Reserwebank het Woensdag rentekoerse met 25 basispunte verlaag, wat bates soos goud bevoordeel het.
# Tennis: Die voormalige ster-speler van Switserland, Roger Federer, sal volgende maand die eregas wees tydens die eerste openingseremonie van die Australiese Ope in Melbourne. Die geleentheid op 17 Januarie sluit in ‘n dubbelspelwedstryd tussen Federer en drie ander gewese wêreld-nommer-een-spelers, Pat Rafter en Lleyton Hewitt van Australië, en die viermalige kampioen, Andre Agassi van Amerika. Daar sal ook ‘n huldeblyk vir Federer wees, wat die Norman Brookes-trofee ses keer verower het as deel van sy 20 Grand Slam-titels.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-86-sent teen die dollar, 19-rand-77-sent teen die euro en 22-rand-53-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-276-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-340-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 60-dollar-97-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….