Nuus 09:00
BULLETIN 12 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering verwelkom die afname in Suid-Afrika se armoedevlakke
# Die Departement van Gesondheid sê daar is vordering met universele gesondheidsdekking
# En ‘n regter beslis dat kameras toegelaat sal word tydens die verhoor van Charlie Kirk se vermeende moordenaar
# Die regering het die jongste verslag van Statistieke Suid-Afrika oor armoedesyfers in die land verwelkom. Dit wys ‘n merkbare afname in armoedevlakke oor die afgelope 17 jaar. Volgens die verslag het die persentasie Suid-Afrikaners wat onder die laagste armoedelyn leef met een-duisend-300-rand per persoon per maand met pryse van 2023, met 37,9-persent in 2023 gedaal het. Die woordvoerder van die regering, William Baloyi, sê hoewel die vordering bemoedigend is, is dit nog nie genoeg nie:
# Die Departement van Gesondheid sê Suid-Afrika maak groot vordering om universele gesondheidsdekking deur die Nasionale Gesondheidsversekering te bereik. Dis vandag Universele Gesondheidsdekkingdag wat klem lê op die uitwerking van onbekostigbare mediese sorg. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê hulle vier die dag saam met die wêreld, want gesondheidsorg is ‘n reg, nie luukse of las nie:
# Die GOOD-party sê die Wes-Kaapse 2025/2026 aanpassingsbegroting is niks minder as ‘n belediging vir mense in die provinsie nie. Die begroting maak voorsiening vir 1,739-miljard-rand bykomende befondsing deur die samevoeging van 1,070-miljard-rand en provinsiale befondsing van 669-miljoen-rand. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die provinsiale regering se belangrikse prestasie, die sogenaamde ses groot beleggings wat uit die baie suksesvolle Wes-Kaapse Beleggingsberaad gespruit het, was kwansuis deel van 400-miljard-rand wat verwag word:
n# ʼn Regter van Utah het beslis kameras word toegelaat tydens die hofverrigtinge van Tyler Robinson, wat beskuldig word van die moord op die konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk. Sy prokureurs wou hê kameras moet verbied word uit vrees dat nuusdekking ʼn regverdige verhoor kon belemmer. Die 22-jarige Robinson het gister die eerste keer persoonlik in die hof verskyn. Kirk is in September doodgeskiet tydens ʼn opelugbyeenkoms by die Utah Valley University. Robinson word aangekla van moord met verswarende omstandighede en kan die doodstraf kry indien hy skuldig bevind word.
# Sokker: Die UDM het ʼn klag by die Menseregtekommissie ingedien teen Bafana Bafana-hoofafrigter, Hugo Broos. Hulle beweer hy het rassistiese en seksistiese opmerkings gemaak oor die verdediger Mbekezeli Mbokazi en sy agent. Die Belg was ontevrede met Mbokazi se verskuiwing van Orlando Pirates na Chicago Fire, en omdat hy laat was vir ʼn oefenkamp nadat hy sy vlug misgeloop het. Broos het gesê hy sal met Mbokazi vergader, en die speler sal swart by die vergadering aankom en “wit” daar wegstap. UDM sê Broos moet aanspreeklik gehou word vir sy opmerkings.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-86-sent teen die dollar, 19-rand-79-sent teen die euro en22-rand-58-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-197-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-268-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….