Nuus 11:00
BULLETIN 20 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Cele is bekommerd oor moorde op polisiebeamptes oral in Suid-Afrika
# RISE Mzansi se People’s Manifesto word beskryf as ‘n fees van oplossings
# En, rugby: Hoë lof vir uittredende skeidsregter Jaco Peyper
# Die minister van Polisie, Bheki Cele, is steeds diep bekommerd oor polisieveiligheid in Suid-Afrika. Terwyl lede van die SAPD hulle pogings steeds verskerp om misdadigheid aan bande te lê en gemeenskappe veilig te hou, is die nuwejaar bederf deur aanvalle op polisie wat aan en van diens is. Die departement se woordvoerder, Lirandzu Themba, sê van Januarie verlede jaar tot nou is 33 polisiebeamptes aan diens vermoor:
# Die EFF in Gauteng sê bendegeweld en wetteloosheid is ‘n algemene gesig in skole in die provinsie, met meer as 240 skole wat as hoë-risiko instellings beskou word. Meer as 700 skole regoor die provinsie is oorvol, met vyfduisend-500 klaskamers wat nodig is om die omgewings-, gedrags- en sielkundige uitwerking van oorvol klaskamers op leerders en onderwysers te pak. Die EFF se woordvoerder, Dumisane Baleni, sê dit is noodsaaklik om die matriekuitslae in die lig van die heersende onderrigtoestande in die provinsie te beskou:
# Rise Mzansi se leier, Songezo Zibi, en die party se nasionale leierskap onthul vandag die People’s Manifesto by die Heartfelt-arena in Pretoria. Die manifes is die party se verbintenis tot die mense van Suid-Afrika. Mabine Seabe van Rise Mzansi sê die manifes is die samevatting van gesprekke, beraadslagings, gemeenskapsvergaderings, beleidsvergaderings en die party se People’s Convention:
# Suid-Afrika se handelstoestande het in Desember ‘n effense verbetering getoon. Hoewel 38-persent van deelnemers positief is, verwag 43-persent beter toestande in die komende ses maande. Altesaam 67-persent het laer verkoopsvolumes aangemeld, maar 37-persent het verhoogde nuwe bestellings ervaar. Volgens die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het buitelandse handel en inkomende toerisme ʼn positiewe uitwerking gehad en teëgewerk teen swakker kleinhandelvolumes en ekonomiese onsekerhede.
# En laastens:, rugby: Suid-Afrika se voorste skeidsregter, Jaco Peyper, het besluit om sy eie eindfluitjie te blaas. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, het na die aankondiging Peyper geloof as die beste ambassadeur vir Suid-Afrikaanse rugby die afgelope dekade. Die 43-jarige Peyper het die laaste van sy 67 toetse by verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi geblaas. Hy is sesde in die wêreld wat betref optrede by toetswedstryde. Peyper sê hy was bevoorreg om soveel jare by die spel betrokke te kon wees.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….