Nuus 09:00
BULLETIN 18 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die JG Zuma-stigting kritiseer die Reguleerder se riglyn oor Jacob Zuma se belastingrekords
# Die Parlement se ad hoc-komitee vergader om getuienis van professor De Haas aan te hoor
# En vyf sluise by die Vaaldam word oopgemaak
# Die JG Zuma-stigting sê hy waarsku die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en alle staatsinstellings om nie as wapens vir politieke doelwitte gebruik te word nie. Dit volg nadat die Inligtingsreguleerder die Inkomstediens opdrag gegee het om oudpresident Jacob Zuma se belastingrekord vir 2010 tot 2018 bekend te maak. Die reguleerder het bevind die Inkomstediens mag nie toegang weier tot die inligting wat versoek is nie. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê die Wet op Belastingadministrasie beheer belastingbetalers se inligting:
# Die parlementêre ad hoc-komitee wat verdoemende bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek, hervat vandag. Die komitee het sy verrigtinge Donderdag opgeskort nadat die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, se personeelhoof, Cedrick Nkabinde, teenstrydige bewyse tydens sy getuienis gegee het. KwaZulu-Natal se geweldsmonitor, professor Mary de Haas, sal na verwagting vandag getuig. Mkhwanazi het aan die Madlanga-kommissie gesê De Haas het baie te sê gehad oor die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde en die feit dat dit steeds operasioneel is.
# Die Departement van Water en Sanitasie het vyf sluise by die Vaaldam oopgemaak na swaar reënval in Gauteng en Mpumalanga. Die uitvloei van die Bloemhofdam is ook verhoog. Die departement se woordvoerder, Mandla Mathebula, sê met die reënval wat voortduur, sal die meeste van die damme ook hoë volumes ervaar. Hy sê die uitvloei is nodig om die rivierstelsels te bestuur vir die potensiële toenames in invloei in die opvanggebied:
# President Donald Trump van Amerika sê hy sal ‘n wetsontwerp dat die Justisiedepartement die Epstein-lêers bekendmaak, onderteken as dit op sy lessenaar beland. Die Huis van Verteenwoordigers stem na verwagting vandag vir die vrystelling daarvan. Demokrate in die Huis het verlede week e-posse van die Epstein-boedel bekendgemaak waarin Trump se naam genoem word. Trump sê sy administrasie het Huis-komitees reeds tienduisende dokumente gegee en herhaal dat die Epstein-kwessie ʼn klug is:
# Sokker: Die viermalige wenners Duitsland het hulle plek bespreek in volgende jaar se Wêreldbeker in Amerika, Kanada en Mexiko. Julian Nagelsmann se span het Slowakye in die laaste Groep A-wedstryd met 6-0 afgeransel. Nederland het ook gekwalifiseer nadat hulle Litoue met 4-0 verslaan het. Pole en Slowakye het hul plek in die uitspeelronde verseker. Die trekking vir die uitspeelronde vind Donderdag plaas. Dit sluit 16 spanne in wat meeding vir vier Wêreldbeker-plekke wat volgende jaar in Maart gespeel word.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-21-sent teen die dollar, 19-rand-97-sent teen die euro en 22-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-827-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-10-dollar-99-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-40-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….