Nuus 16:00
BULLETIN 13 November 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die kabinet is gereed om die G20-leiersberaad aan te bied
# ‘n Ondersoek onthul Stuart Scharnick word verbind met 29 strafsake
# En rugby: Rassie maak groot veranderinge aan die Bokspan vir die wedstryd teen Italië in Turyn
# Die kabinet sê Suid-Afrika is gereed om volgende naweek die G20-leiersberaad in Nasrec, Johannesburg, aan te bied, asook die G20-maatskaplike beraad in Ekurhuleni van Dinsdag tot Donderdag. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die land het 130 van die 132 voorbereidende vergaderings sonder voorval aangebied en grootliks ooreenstemming bereik oor Afrika se ontwikkeling. Sy gee die versekering die beraad sal seepglad verloop:
# Die polisie in KwaZulu-Natalse het onthul die sakeman Stuart Scharnick word verbind met 29 misdaad-dossiere reg oor die provinsie, meestal vir voertuigdiefstal en motorkapings. Die onthullings volg nadat Scharnick meineed- en lasterklagte teen die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, ingedien het. Die waarnemende adjunk- provinsiale kommissaris vir Misdaadopsporing, Anthony Gopaul, het aan die media gesê Scharnick was dikwels betrokke by hulp met die verkoop of besit van gesteelde voertuie:
# Vanjaar se Verantwoordelike Dobbelberaad in Johannesburg fokus op Suid-Afrika se groeiende aanlyn dobbelkrisis en swak regulering. Afgevaardigdes sal praat oor nuwe standaarde en tegnologieë om kwesbare gemeenskappe te beskerm. Die direkteur van die Suid-Afrikaanse Verantwoordelike Dobbelforum, Sibongile Simelane-Quntana, sê die beraad sal konsentreer op die bekamping van onwettige dobbelary, aangesien sommige Suid-Afrikaners nie weet daardie ondernemings is nie gelisensieer nie:
Nuus uit die buiteland:
# Die Australiese staat Victoria het die land se eerste verdrag met inheemse mense as wet onderteken. Kampvegters beskou dit as ‘n belangrike stap in die rigting van versoening, om die land se eerste inwoners meer toesig te gee oor besluite wat hulle raak. Die verdrag, wat op 12 Desember in werking tree, bied ‘n formele verskoning aan Australië se Eerste Nasies en vestig ‘n permanente verteenwoordigende liggaam om die Victoriaanse regering van raad te bedien. Die verdrag eis ‘n formele verskoning deur die regering aan inheemse mense vir geskiedkundige ongeregtighede.
# Rugby: Springbok-hoofafrigter Rassie Erasmus het groot veranderinge aangekondig vir Saterdag se toets teen Italië in Turyn. Daar is 12 veranderinge aan die groep wat verlede naweek Franse harte gebreek het met ‘n oortuigende oorwinning van 32-17 in die Stade de France in Parys. Die enigste spelers wat in die opdrafspan oorbly, is kaptein Siya Kolisi, die stut Boan Venter, die vleuel Kurt-Lee Arendse en die heelagter Damian Willemse. Kwagga Smith keer terug na die bank in die plek van Johan Grobbelaar, wat haker speel. Afskop is Saterdagmiddag 2:40.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-97-sent teen die dollar, 19-rand-71-sent teen die euro en 22-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-922-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-234-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 62-dollar-92-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….