Skip to content

City Power verskerp pogings om meer as R10-miljard skuld aan die nutsmaatskappy te verhaal

# City Power sê hy verskerp pogings om meer as tien-miljard-rand te verhaal wat aan die nutsmaatskappy verskuldig is. Daarvan is 1,6-miljard-rand deur kliënte binne die voorsieningsgebied van die Hursthill Diensleweringsentrum verskuldig. Die maatskappy sê die jongste hoëwaarde-wanbetalers wie se elektrisiteitstoevoer afgesny is, is twee sakeparke in Croesus wat onderskeidelik 17-miljoen-rand en 5,3-miljoen-rand aan City Power skuld, asook ‘n sake-eiendom in Melville wat 3,1-miljoen-rand agterstallig is. City Power sê al drie kommersiële kliënte is voorheen afgesny maar het weer onwettig heraangesluit.