Skip to content

UP en Rand Water in strategiese vennootskap om watervernuwing te bevorder

#  Die Universiteit van Pretoria en Rand Water het ‘n baanbreker-samewerkingsooreenkoms gesluit om die Rand Water Navorsings-, Ontwikkelings- en Innoveringsentrum by die universiteit te vestig. Die universiteit sê die sentrum beoog om ‘n toonaangewende plek vir waterbestuur te word, en praktiese en volhoubare oplossings te vind om water en sanitasie regoor Suid-Afrika en die vasteland te verbeter. UP sê in sy eerste jaar sal die sentrum 10 projekte van stapel stuur, insluitend die Water-, Sanitasie- en Higiëne-navorsingsprogram en ‘n projek vir die optimalisering van die Water-Energie-Voedsel-nexus in die Letaba-rivierkom.