# Adjunkminister vir Maatskaplike Ontwikkeling, Ganief Hendricks, doen ‘n beroep op stelsels wat hindernisse vir kinders met gestremdhede in die Wes-Kaap verwyder. Hendricks het herhaal die regte van kinders ten opsigte van onderwys, spel en deelname kan nie sonder maatskaplike sekerheid en toegang tot noodsaaklike dienste bestaan nie. Hy sê burgers moet ‘n Suid-Afrika bou waar elke kind tuis is, en waar waardigheid, toegang en geleenthede nie voorregte is nie, maar regte: