Nuus 11:00
BULLETIN 8 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika verwerp Donald Trump se jongste Truth Social-plasing en sê die G20 sal voortgaan soos beplan
# President Cyril Ramaphosa is aangestel as tussentydse voorsitter van die SAOG
# En motorsport: Lando Norris spring voor weg in die Brasiliaanse Grand Prix-snelren
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het met kommer kennis geneem van die Amerikaanse president Donald Trump se jongste plasing op sosiale media. Trump het gister aangekondig dat geen Amerikaanse amptenare vanjaar se Groep van 20-beraad in Suid-Afrika sal bywoon nie, en verwys na die land se behandeling van wit boere en sogenaamde menseregteskendings. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, het die land se standpunt herhaal dat hierdie bewerings heeltemal ongegrond is:
# President Cyril Ramaphosa is as tussentydse voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aangestel na die bedanking van Madagaskar weens politieke onrus en ‘n militêre oorname in die land. Ramaphosa sê SAOG moet die uitdagings wat Madagaskar in die gesig staar, aanspreek. Hy het gisteraand ‘n buitengewone SAOG-beraad virtueel toegespreek:
# Die Forum for South Africa doen ‘n beroep op deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die ondersoek na kriminele aktiwiteite in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. FOSA-leier, Tebogo Mashilompane, sê bewerings van korrupsie in die hoogste wetstoepassingskantoor bedreig die geloofwaardigheid van die hele strafregstelsel en ondermyn die publiek se vertroue in die stryd teen misdaad:
# FNB is weereens benoem as Suid-Afrika se Beste Digitale Bank, met ‘n telling van 73,34 in die jaarlikse SITEisfaction-opname en die eerste plek in beide mobiele en internetbankdienste. Die uitvoerende hoof, Harry Kellan, het die prestasie toegeskryf aan kliëntgerigte vernuwing en digitale uitnemendheid. Met meer as sewe-miljoen digitale kliënte en twee-miljard totale aanmeldings, gaan FNB voort om in tegnologie, KI en verpersoonlikte digitale klantediens te belê:
# Motorsport: Kampioenskapsvoorloper Lando Norris het gister vir die eerste keer die seisoen die voorste wegspringplek in ‘n snelren verseker toe hy voor Mercedes se Kimi Antonelli en sy McLaren-spanmaat en mededinger Oscar Piastri gekwalifiseer het. Die 25-jarige Brit, is met een punt voor Piastri in die stryd om die renjaerskampioenskap met nog vier wedrenne oor. Hy het sy beste rondte in die laaste sekondes van ‘n spannende sessie op ‘n snikhete Interlagos aangeteken. Die viermalige kampioen Max Verstappen, wat 36 punte agter Norris is, was sesde in sy Red Bull.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….