Skip to content

Krieket: Pant en Deep terug in Indië se toetsspan vir reeks teen Suid-Afrika

# Krieket: Die paaltjiewagter en kolwer Rishabh Pant is ingesluit in Indië se toetsspan vir die reeks van twee wedstryde teen Suid-Afrika wat volgende Vrydag in Kolkata begin. Die 28-jarige Pant, wat verlede maand die reeks teen die Wes-Indiese Eilande weens ʼn voetbesering misgeloop het, is die onderkaptein. Akash Deep is ook terug nadat hy van ʼn rugbesering herstel het. Die snelbouler Mohammed Shami is weer uitgelaat nadat hy weens kommer oor sy fiksheid nie vroeër vanjaar ingesluit is vir die reekse teen Australië en Engeland nie.