# Rugby: Die SA Vrouespeler van die jaar, Nadine Roos, is onder die groep van 18 spelers wat genooi is om die Springbokvrouesewes-opleidingskamp in Pretoria by te woon. Van die ander genooides sluit in Zintle Mpupha, Byrhandrè Dolf en Ayanda Malinga. Die kamp is deel van die voorbereiding vir die Afrika Vroueseweskampioenskap volgende week in Kenia. Suid-Afrika sal in Groep A teen Zambië, Ghana en Egipte speel waar die top-twee op koers sal wees vir deelname aan 2026 se Rugbysewes-wêrelduitdaagreeks.
Rugby: 18 spelers genooi om Springbokvroue-sewes-opleidingskamp by te woon