# Tennis: Die 45-jarige Venus Williams speel in Januarie in die Auckland-ope in Nieu-Seeland. Die voormalige wêreld-nommer-een en sewemalige Grand Slam-kampioen het as promotorskeuse toegang gekry tot die toernooi, wat van die vyfde tot die elfde plaasvind. Dit word gebruik as opwarming vir die Australiese Ope, wat die volgende dag in Melbourne begin. Auckland se toernooidirekteur, Nicolas Lamperin, sê Williams is een van die beste spelers van die moderne era en haar spelpeil is tans uitstekend.
Tennis: 45-jarige Venus Williams speel in Januarie in Auckland-ope