# Krieket: Die Protea-mans is onder druk om die eendagreeks teen Pakistan te red wanneer die twee spanne vandag in die tweede ontmoeting in Faisalabad speel. Die gashere het Dinsdag die eerste wedstryd gewen nadat hulle die T20-reeks ook beklink het nadat die toetsreeks gelykop was. ‘n Oorwinning in die oorblywende twee eendagwedstryde is van uiterste belang vir die besoekers om die toer te red. ‘n Relatief onervare span is vir die witbalreekse gekies omdat ‘n aantal gereelde spelers ruskans kry voor die komende toetsreeks in Indië.
Krieket: Druk op Proteas om toer na Pakistan te red