# Krieket: Laura Wolvaardt van Suid-Afrika is aangewys as kaptein van die Toernooi-span van die eendag-Wêreldbekertoernooi vir vroue. Die span van 12 lede bevat ses spelers wat in die eindstryd tussen Indië en die Proteas gespeel het. Indië, wat die toernooi die eerste keer gewen het, het drie spelers in die span: Smriti Mandhana, Jemimah Rodrigues en Deepti Sharma. Suid-Afrika het ook drie bygedra: Wolvaardt, Marizanne Kapp en Nadine de Klerk. Drie Australiese spelers, twee Engelse spelers en Sidra Nawaz van Pakistan voltooi die groep.
Krieket: Laura Wolvaardt van SA aangewys as kaptein van Vroue-wêreldbeker se Toernooispan