# President Cyril Ramaphosa het kommissarisse vir die Verkiesingskommissie aangestel wat vir ʼn termyn van sewe jaar sal dien. Dit volg na ʼn aanbeveling van die Nasionale Vergadering. Die kommissarisse is Joyce Pitso, regter Dhaya Pillay en Mosotho Moepya. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president wens die kommissarisse voorspoed toe om die integriteit van uiteenlopende verkiesings in die land te beskerm: