Skip to content

Krieket: Tendulkar sê Wêreldbeker-oorwinning is bepalende oomblik vir vrouespel in Indië

# Krieket: Die Indiese legende Sachin Tendulkar het die land se vroue se Wêreldbeker-oorwinning gelyk gestel aan wat die mans in 1983 reggekry het. Die gasvroue het Suid-Afrika in die eindstryd in Mumbai met 52 lopies geklop om hul eerste wêreldtitel in te palm. Tendulkar sê talle jong meisies in Indië is nou geïnspireer om ‘n kolf en bal op te tel met die geloof om ook eendag ‘n Wêreldbeker te wen. Hy beskryf die oorwinning as ‘n bepalende oomblik in die ontwikkeling van vrouekrieket in die land.