# Die gematigde liberale leier, Rob Jetten, het na alle waarskynlikheid Woensdag se Nederlandse verkiesing gewen. Ontleders sê sy party kan nie meer verloor teen die teen-Islam, populistiese Geert Wilders nie. Jetten se D66-party het ʼn skraal voorsprong van 15-duisend stemme teenoor Wilders se Vryheidsparty en die Nederlandse nuusagentskap ANP sê selfs al is die stemme nog nie klaar getel nie, kan Wilders nie meer wen nie. Indien Jetten eerste minister word, sal hy die eerste openlik gay en ook die jongste in Nederland se geskiedenis wees.
Naelskraapse oorwinning vir gematigde Rob Jetten in Nederlandse verkiesing