Skip to content

Rugby: Bokke verwag taai wedstryd teen Japan op Wembley

# Rugby: Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick en kaptein Siya Kolisi sê dit sal ʼn groot fout wees om Japan te onderskat wanneer hulle later vanmiddag uitdraf op Wembley-stadion vir hul eerste kragmeting in die November Internasionale wedstryde . Kolisi sê hulle is vasbeslote om die toer op ʼn hoogtepunt af te skop, veral met wedstryde teen Frankryk, Italië, Ierland en Wallis oor die volgende vier weke. Die spanne takel mekaar tien oor ses vanmiddag op die ikoniese stadion in Londen.