Nuus 14:00
BULLETIN 27 Oktober 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ballistiese kenner bevestig vuurwapens in die Swart-saak kan met ander misdade verbind word
# Burgerlugvaart open ‘n ondersoek na ‘n noodlottige helikopterongeluk in die Noord-Kaap
# En krieket: Bavuma keer terug vir die toetsreeks teen Indië
# Die nasionale ballistiese hoof van die polisie, Mishak Mkhabela, het aan die Madlanga-kommissie gesê die reeksnommer van ‘n vuurwapen wat in die moord op die ingenieur Armand Swart gebruik is en waarvan die reeksnommer aanvanklik onleesbaar was, is later in ‘n laboratorium in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal herwin. Mkhabela is gestasioneer by die Forensiese Wetenskaplaboratorium in Silverton, Pretoria. Hy verduidelik ‘n tydlyn sal toon hoe vuurwapens wat in die Swart-saak gebruik is, met ander misdade verbind word:
# Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het ‘n ondersoek begin na gister se noodlottige helikopterongeluk in Daniëlskuil in die Noord-Kaap wat drie lewens geëis het. Intussen het die vlieënier van ‘n ligte vliegtuig gister ‘n noodlanding gedoen op die rugbyveld van die by Hoërskool Alberton in Ekurhuleni en teen die skool se snoepwinkel gebots. Polisie-woordvoerder Cherelle Ehlers sê die polisie ondersoek die dood van drie mans tussen 23 en 34 jaar oud wat in die helikopterongeluk gesterf het:
# Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het ‘n nuwe MIV-voorkomingsinspuiting bekendgestel, bekend as Lenacapavir. Die sesmaandelikse inspuiting, wat deur Gilead ontwikkel is, kan gebruik word deur volwassenes en tieners wat meer as 35-kilogram weeg, en moet gepaardgaan met veilige seksgebruike soos die gebruik van kondome. Yuven Gounden van SAHPRA sê die reguleerder het die medisyne in samewerking met die Europese Medisyne-agentskap hersien om toegang tot noodsaaklike behandeling te bespoedig:
# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, sê die metro wil ‘n regverdige en inklusiewe ekonomie bou waar informele handelaars met waardigheid en bestendigheid kan handel dryf. Die metro het onlangs slim handelspermitte bekendgestel aan informele handelaars in die middestad. Elke kaart is verbind met die handelaar se unieke profiel en handelsnommer wat gemagtigde amptenare toelaat om die handelaar se inligting ter plaatse na te gaan. Morero sê hulle ondermyn nie klein sakeondernemings nie, maar reguleer en verseker orde en dissipline in die informele handelsektor.
# Krieket: Suid-Afrika se toetskaptein, Temba Bavuma, keer terug vir volgende maand se reeks van twee wedstryde teen Indië. Hy het die onlangse gelykop-reeks teen Pakistan misgeloop weens ‘n linkerkuitbesering. Prenelan Subreyan en David Bedingham, wat teen Pakistan gespeel het, is weggelaat. Die draaiboulers Simon Harmer, Keshav Maharaj en Senuran Muthusamy is ingesluit. Die eerste toets begin op 14 November op Eden Gardens in Kolkata. Die spel verskuif daarna na Guwahati, wat vanaf 22 November die heel eerste keer ‘n toets aanbied.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-21-sent teen die dollar, 20-rand-5-sent teen die euro en 22-rand-97-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 115-duisend-402-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-44-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-76-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….