Eko-minuut 13:30
BULLETIN 17 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Vryheidsfront Plus eis dat die Ekurhuleni-munisipaliteit in Gauteng die ernstige rioolkrisis in die Boksburgmeer dringend oplos. Denise Janse van Rensburg van die party sê die meer is ‘n giftige rioolgat waar onverwerkte riool vryelik invloei en ʼn onuitstaanbare stank veroorsaak. Sy sê die metro se pligsversuim stel inwoners se lewens en gesondheid in gevaar:
# Omgewingsorganisasies het afgevaardigdes van die G20 wat die ministeriële vergadering van die werkgroep oor die Omgewing en Klimaatsvolhoubaarheid in Kaapstad bywoon, aangemoedig om olie- en gasboorwerk teen te staan, oseane te beskerm en kusbestaan te beveilig. Die vergadering eindig vandag. Lisa Makaula van Green Connection doen ‘n beroep vir hernubare energie, billike klimaatsfinansiering en skoon energieprojekte:
# En Brasilië het die Europese Unie se ondersteuning gevra om die Tropical Forests Forever-fonds te stig om reënwoude te beskerm. Die hoofdoel is om jaarlikse betalings te doen aan lande met reënwoude as beloning omdat hulle woudbedekking onderhou of uitbrei. Reënwoude bedek sowat 12-persent van die aarde se grondoppervlak. Die Brasiliaanse minister van Inheemse Volke, Sonia Guajajara, sê dis bewys dat inheemse gebiede en volke bioverskeidenheid en woude bewaar en die grootste bydrae tot klimaatsbalans lewer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….