Skip to content

VN sê noodsaaklike voorrade word na Gaza vervoer

# Die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake sê genoeg noodsaaklike voorrade kom nou Gaza binne. Dit volg nadat die eerste fase van die vredesooreenkoms ingestel is waarna die laaste 20 oorlewende Israelse gyselaars in Gaza vrygelaat is. Een-duisend-718 Palestynse aangehoudenes is uit Israel na Gaza teruggestuur. Die VN-kantoor sê hy het Israel se goedkeuring om 190-duisend ton kos, skuilingvoorraad, medisyne en ander voorrade by die Gaza-strook in te neem. Dis 20-duisend ton meer as waarop voorheen ooreengekom is.