# Die Britse eerste minister Keir Starmer sal Maandag by die Amerikaanse president Donald Trump aansluit vir ‘n internasionale vredesberaad in Egipte waar die wapenstilstandsplan vir Gaza onderteken sal word. Starmer is een van 20 ander wêreldleiers wat in in Sharm El-Sheikh sal wees om vrede en stabiliteit in die Midde-Ooste te bespreek. Hulpgroepe in Gaza het intussen noodlenigingspogings verskerp met toue vragmotors wat die gebied vanoggend deur die Rafah-kruising binnegaan. Hamas het tot Maandagmiddag 12-uur om alle Israeliese gyselaars vry te laat, terwyl Israel na verwagting een-duisend-700 aangehoudenes uit Gaza en ongeveer 250 Palestynse gevangenes sal vrylaat.
Hulpgroepe verskerp noodleniging in Gaza met Starmer wat by Trump gaan aansluit vir wapenstilstandsberaad in Egipte