# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het bevestig die voormalige uitvoerende hoof van die PRASA, Lucky Montana, het in Augustus vanjaar 5,4-miljoen-rand as ‘n teenaanbod gemaak om sy belastingrekening van 55,1-miljoen-rand te vereffen. Dit is gister tydens ‘n spesiale media-inligtingsessie deur die SAID-woordvoerder, Siphithi Sibeko, onthul. Hy het gesê ingevolge die Belastingadministrasiewet is dit ‘n voorvereiste vir die Inkomstediens om ‘n teenaanbod te oorweeg, indien belastingskuld nie betwis word nie. Hy sê Montana se bewerings is vals dat die Inkomstediens hofuitsprake gemanipuleer het om sy belastingrekening te regverdig: