# Die Forum for South Africa eis dat die Parlement sy borgtogwette dringend hersien en die deure toemaak wat geld toelaat om te bepaal wie wegkom en wie agter tralies beland. FOSA-leier Tebogo Mashilompane sê ‘n goeie voorbeeld hiervan is die Hooggeregshof in Johannesburg se besluit om die beweerde misdaadbaas Katiso KT Molefe borgtog van 400-duisend-rand toe te staan, wat die Alexandra-landdroshof se besluit om sy vrylating uit die tronk te weier, omgekeer het. Hy sê Suid-Afrika het ‘n volledige hervorming van die regstelsel nodig: