Skip to content

Tienduisende Palestyne keer terug na Noord-Gaza terwyl Israel troepe onttrek

# Tienduisende Palestyne het na Noord-Gaza teruggekeer na die Israeliese weermag se aankondiging van ‘n wapenstilstand, wat bemiddelaars hoop ‘n einde sal bring aan die tweejaar-lange konflik. Israel het gisteroggend tot ‘n wapenstilstandooreenkoms met Hamas ingestem. Gaza se Hamas-beheerde burgerlike verdedigingsagentskap sê nagenoeg 200-duisend mense het nou na die noorde van Gaza teruggekeer sedert die wapenstilstand aangekondig is. As deel van die ooreenkoms het Israeliese troepe teruggetrek na nuwe ooreengekome posisies, terwyl Hamas na verwagting Maandag die 20 oorlewende Israeliese gyselaars en die 28 wat reeds dood is, sal vrylaat.